Home | About the author | Contact
...................................................
PeetVS logo

Science and Mathematics animations / games / simulations

Tennis

Photography

Crafts

Stereoscopy

Literary work ( in Afrikaans )

General

ORDER CD You can get all the animations on this website on a CD for $55. Contact me at: Peet.vanSchalkwyk@nwu.ac.za

If nothing shows up, you need the newest Flash player to view the animations / simulations. Get a free Flash player at: www.adobe.com/products/flashplayer/ , press "download" and follow the instructions.


Location : Home > Literary work > Short stories
.................................................................................................................................

Trap op my

Submitted By: peet
Date Submitted: 7/29/2007 4:54 am
Status: Approved
Views: 636
«Previous Submission
Search
Return To Submissions List

Trap op my.

Peet van Schalkwyk

Julie 2007

 

“Prof, u is mos mentor van ons groep?”

“Ja, wat is die probleem?”

“Ag, ek dink ek moet dit eerder los.”

Nee man, praat, dalk kan ek jou help, maak toe die deur.”

Sy hele liggaamshouding wys: Trap op my!

“Nee prof, ek wil nie moeilikheid maak nie, dalk is dit nie so erg nie.”

“Man, praat, dit sal net hier tussen ons bly; ek is seker ek sal jou kan help! Waaroor gaan dit?”

Na ʼn beweginglose stilte kyk hy op en ontdooi effens.

“Dis oor ʼn ander dosent, maar ek gaan nie name noem nie.”

Na bietjie aanmoediging noem hy tog ʼn naam.

“Wat het hy gedoen?”

“Na die lesing vra ek hom iets uit die handboek en toe sê hy as ek nie eens dit verstaan nie dan is dit uiters swak. Hy sê ek moet self daai goed gaan opswot! Ek voel hy kon my darem op ʼn mooier manier geantwoord het.”

 

Die prentjie word helder; hierdie student het hulp nodig en ek gaan hom help! Ek het baie ervaring met sulke goed! Ek het self al baie deurgeloop! En ek sê:

“Ek gaan nie die saak met daardie dosent bespreek nie; ek dink jy moet leer om jouself te handhaaf. Jy moet meer assertive optree. Jy moenie dat mense op jou trap nie. Jy sal moet werk aan jou houding want jy weet dis net soos met honde – as die ander sien een is bang, is almal skielik dapper en wys tande en jaag daardie een. Daardie dosent sal nie met studente met selfvertroue soos met jou praat nie.”

Effens oorbluf kyk hy na my.

“Kom ons oefen bietjie sodat jy meer selfhandhawend kan optree.

“Jy is ʼn luiaard! Hoe sal jy my antwoord?”

Sy gesig val en hy dink so ʼn rukkie en sê saggies: “Prof, dis nie so nie.”

“Nee man, ons oefen net; sê eerder: Ek mag miskien lyk of ek lui is, maar by party goed is ek baie fluks! Bring bietjie humor in man; pluk die mat onder die ander ou uit; sê hoe jy voel want ander kan dit nie betwyfel nie. Moenie ontken wat hy gesê het nie want dan stry hy net dat dit so is en jy sê weer net ‘issie’.”

Sy gesig helder op; iets begin deurdring.

“Kom ons probeer nog iets. Jy is ʼn groot skelm! Wat sê jy?”

Hy krimp ineen

Ek sê: “Man ons oefen net, moet dit nie kop toe vat nie; daar’s in elk geval ʼn groot verskil tussen wat mense sê en wat regtig is. Jy moet leer om sulke opmerkings af te maak soos water wat van ʼn eend se rug afloop!” Antwoord so ʼn opmerking met: ‘Ek weet ek lyk skelm’ en dan loer jy soos ʼn rampokker rond en sê dan: ‘Gelukkig dink almal nie so van my nie!”

’n Selfvoldane glimlag speel om sy mond; hy begin verstaan, hy staan meer regop, maar dis duidelik: daar lê nog baie oefening voor.

“Jy moet net onthou: niemand in hierdie wêreld het die reg om jou sleg te laat voel nie. Leer om jou nie te steur aan wat ander van jou sê nie; jou lyftaal sal gou begin wys dat hulle kan niks aan jou doen nie. Jy weet dieselfde persoon wat gesê het jy moet die ander wang draai het ook ʼn klomp mense met ʼn sweep uit die tempel gejaag. Hy het verseker nie bedoel dat jy jou ander wang moet draai en inmekaar krimp nie; dalk het hy eerder bedoel: jy moet wys dat jy jouself kan handhaaf en jou nie steur aan onregmatige aanslagte teen jou nie en dan selfversekerd die ander wang draai!”

 

Toe vertel ek hom ook van Danie le Roux se set destyds toe ons studente in die koshuis was. As iemand in die gang verjaar het, is daar vroegoggend in jou kamer ingestorm, jy is al spartelend koue stort toe gesleep en terug by jou kamer moes jy alles weer regpak, onderstebo bed en al. Hoe meer jy gespartel het, hoe groter was die pret! Maar Danie was te slim vir Leon Pienaar en sy bende. Vroegoggend het hy met ʼn handdoek om sy lyf in die gang geskreeu: “Boys, ek verjaar vandag – kom stort my!” En dan gebeur daar niks nie.

 

Na nog ʼn paar “oefeninge” beveel ek aan: “Spring die ouens voor en dan kan hulle niks aan jou doen nie. Gaan oefen nou hierdie goed en kom kuier weer oor ʼn maand.” en hy is met ʼn breë glimlag daar uit en ek voel ook sommer lekker aggressief.




Home | Virtual lab · Literary work · Photography · Crafts · Tips for everyday life · About the author · test · Gyroscope Power Stations · Global warming
User: Visitor