Om ’n Lied te Leer
Elke lied wat jy leer,
waarmee jy jou God vereer,
Leer jy meer en meer
om mekaar te respekteer.
Elke lied wat jy leer
Is soos ’n kind in sy fleur,
Is soos ’n blom se geur.
Soos ’n sleutel in ’n deur.
As die liefde makeer,
Is elke lied wat jy leer
soos ’n kans verbeur,
soos ’n kleed wat skeur.
Elke lied wat jy leer,
waarmee jy jou God vereer,
leer jy meer en meer
om mekaar te respekteer.
Peet van Schalkwyk 2002
|