Home | About the author | Contact
...................................................
PeetVS logo

Science and Mathematics animations / games / simulations

Tennis

Photography

Crafts

Stereoscopy

Literary work ( in Afrikaans )

General

ORDER CD You can get all the animations on this website on a CD for $55. Contact me at: Peet.vanSchalkwyk@nwu.ac.za

If nothing shows up, you need the newest Flash player to view the animations / simulations. Get a free Flash player at: www.adobe.com/products/flashplayer/ , press "download" and follow the instructions.


Location : Home > Literary work > Poems
.................................................................................................................................

Charlotte

Submitted By: Admin
Date Submitted: 7/28/2006 7:24 am
Status: Approved
Views: 1106
Next Submission»
Search
Return To Submissions List

CHARLOTTE

 

Toe die kiewiete roep

in die nag,

het ek gewonder wat is jou naam.

Ek het gesmag

na jou, as die nagwind waai.

Vreemd en ver was jy.

Toe die lentebloeisels val was jy

by my in my drome, het ek

jou gesien, van ver, het ek

gewonder hoe jy lyk,

het ek verlang na jou.

Die lelies in die vlei

het geblom, die rietsanger

het weggekruip, jy was ver – ek

het gewonder waar jy is,

het gedroom van jou?

Die ruite is gewasem –

waar is jy? Dit reën buite.

Droewig loei die wind.

Benoud was ek, dis koud.

Wanneer kom jy? Gaan ek

jou ooit vind?

Uitbundig kwetter die vinke –

ek het jou gesien, ver tussen

ander, ek weet dis jy

na wie ek verlang, soek.

Jou oë het geskitter,

jy het geglimlag, maar jy

het my nie gesien nie.

Die bokkies huppel oor

die blomme.

Toe ek opkyk was jy by my.

Ek ken jou naam,

weet hoe jy lyk.

Die mossies

maak nes in die somer.

Peet van Schalkwyk Julie 2003

 




Home | Virtual lab · Literary work · Photography · Crafts · Tips for everyday life · About the author · test · Gyroscope Power Stations · Global warming
User: Visitor